Lees Materiaal

OM JOU EMOSIES TE BEMEESTER

OM JOU EMOSIES TE BEMEESTER
Emosies speel ‘n groot rol in elkeen van ons lewens wanneer dit kom by vorming van ons karakter. Keuses wat jy elke dag maak, word ook geraak deur jou emosies.

Die vraag wat jy vir jouself moet af vra: “Wat wil jy graag uit die lewe hê?”

Beter Gesondheid of die strewe na meer vrede in jou lewe of dalk miskien rykdom wanneer armoede jou lewe oor ‘n lang tyd beheer het of dalk om vry te wees van die gesukkel elke dag by die werk. Dalk ‘n beter salaris…… Wat sal jou lys alles bevat?

Wat ook al jou lys bevat, sal jy merk dat die meerderheid of alle antwoorde, is om net makliker in die lewe te lewe. Nie waar nie?

‘N lys van positiewe gedagtes maak ‘n mens gelukkig veral wanneer jy dit toepas, en wanneer jy gelukkig is, dan toon jy emosies wat opgewek en vrolik, is. Man, jy glimlag net meer.

Wanneer jy so daaraan dink, speel emosies ‘n baie belangrike rol nie net in jou lewe nie maar ook deur mense wat in jou teenwoordigheid is. Dit is so belangrik dat ‘n mens jou emosies moet beheer want op die einde van die dag gee dit uiting op jou optrede – wie jy is..

In vandag se lewe wanneer jy na film sterre kyk, kom dit baie voor dat hulle so naby volmaak kan wees, sukses is op hulle lewens uit gegraveer. Helde met geen probleme van ‘n dag oud nie. Hulle lewe sprankel. Hulle lyk altyd so gelukkig, vrolik, opgeruimd en vars.

Maar wanneer jy nader na hulle lewe begin kyk sien jy dat hulle ook maar net mense soos ek en jy is en die meeste van hulle eintlik nie so ‘n rooskleurige lewe het nie. Soveel gaan so ver en pleeg selfmoord, ander is dwelms hulle ondergang. Eintlik, hard seer wanneer jy so daaraan dink. Wat het skeef geloop? Keuses, invloede, spanning, maar hoekom?

Niks anders as emosies wat hulle toegelaat het wat dan hand uitgeruk het. Jy moet jou lewe kan bestuur. Hulle was nie meer in beheer nie, maar omstandighede was. Hoe vreeslik, Nou my vraag: “Hoe bemeester jy jou emosies?

Dit is nie iets wat jy koop in die Supermark wat op die pakkie staan “emosies in ‘n kits” nie, nee. Wel, geen towerstaf gaan die tower daad doen nie, dit is ‘n proses wat jy moet deur gaan om jouself te herinner dat jy is in beheer en jouself oortuig om positief te bly. Karakters word nie net gevorm nie, dit veg werk om jou karakter te bou elke keer na ‘n beter mens. Die “wil” moet gesoek word, en jou dan te druif in ‘n beter rigting. Die beste van alles is, jy maak die besluite en deur jou besluite stuur jy jouself in die lewe in. Dink so daaraan, jy is mos nie alleen in die lewe nie, jy stap mos saam met die Here.

Jy skrik wakker, oor vreemde klanke wat jou ontstel na ‘n rustige nagrus, ontsteld kom jy tot sinne, niks om oor bekommerd te wees nie, die klanke was die heerlike reën op die sink dak daar buite, met die water druppels wat plons op die dak. Jy besef dat dit koud is in die kamer, net daar voel jy om terug in die bed te klim, maar jy weet jy kan nie! Jy moet opstaan, jy moet werk toe. Teen jou sin, jy moet gaan werk. Dan hardloop daar ‘n reeks gedagtes deur jou kop oor alles wat jy nog moet doen, dan pak stres jou beet en dan… hoe gaan jy alles gedoen kry! Met die in gedagte wil jy nog terug in die bed. Nou is jou dag sommer omgekrap. Alles loop nou skeef, die tandepasta bly afval op die tandeborsel, die warm water kom nie vinnig genoeg na jou sin uit die warm kraan nie. Jy kry nie jou kouse nie, wat moet jy aantrek? Die beste van alles is, jy oortuig jouself dat jou dag sommer skeef gaan uitdraai. Nie lank nie, soos jy in aanraking kom met mense by die werk, pluk hulle die vrugte oor jou optrede (die dag wat vir jou so skeef uitgedraai het). Ironies né

Nie gepraat wanneer jy ‘n kort humeur het nie en sommer gou kry al die mense die skuld oor jou skewe dag.

Dink mooi daaraan, jy het wakker geskrik en dit het gereën. Weens die feit dat jou kamer koud was wou jy graag terug klim in die bed. Menslik nè? Ja. Emosies het beheer geneem oor jou lewe en met negatiewe konnotasies. Hoekom toelaat dat emosies met jou weghardloop? Oortuig jouself eerder om dankbaar te wees dat dit reën en jy die voorreg het om op te kan staan en te kan lewe en boonop ‘n werk het. Jou houding en gesindheid speel so ‘n groot rol in jou lewe, dit definieer wie jy is.

‘n Persoon kom na jou toe en vertel jou dat daar mense is wat van jou skinder. Wat gaan jou reaksie wees? Natuurlik sal jy wil weet wie dit is en waaroor die skinder storie gaan. Ongemaklikheid skop dadelik in. Enige skinder storie is nie goed nie, veral as dit nie die waarheid is nie. Daar is mense wat ‘n lewe maak om net te kan skinder. Hoe affekteer dit jou? Baie mense word blindelings kwaad en verloor dit. Hoeveel onskuldige mense loop nie deur wat niks met die skinder storie te doen het nie. Nou gaan die lewe net oor jou. Jou emosies is duidelik: net jy wat in die lewe tel.

Ons lewe ‘n interessante lewe.

Josef was vals beskuldig en word in die tronk gegooi. Gen.39. Wat ‘n skande en ‘n klad teen sy naam, Hy is ‘n gemerkte man. Hy lol met vrouens.

Dink so daaraan, As dit nou jy was, hoe sou jou optrede gewees het? Natuurlik was alles onreg verdig gewees. Baie mense sal dadelik die Here die skuld gee. Ek is mos Sy kind en hoekom het Hy my nie beskerm nie?

Daar is baie dinge wat in ons lewe gebeur wat ons nie altyd verstaan nie. Op die einde van die dag kom dit daar op neer, hoe hanteer jy dit?

Die verhaal van Josef is so ‘n mooi verhaal. Hy kon sy emosies beheer, en ja hy was ‘n mens maar wat tel is dat hy het nie rug op die Here gedraai nie. Hy het nie toegelaat dat omstandighede hom onder kry nie. Wat gebeur, hier teen die einde van sy lewe? Hy word die minister van Egipte.

Wat ‘n mooi verhaal, maar jy kan ook eindig met mooi verhale elke dag, soos die son sak. Jy is mos Jesus se kind, is jy nie? (Joh. 1: 12) Jy begin deur jou emosies te bemeester deur te streef na die positiewe dinge wat jou aandag aantrek. Ons leef in omstandighede wat maak dat ons net negatiewe gedagtes wil aantrek. Net jy is in beheer van jou eie lewe. Jy maak besluite om te kies en watse pad jy wil loop.

Ek woon ‘n seminaar by oor ‘n gesonde lewens patroon. Die eerste lesing het gehandel hoe om matig te eet aan tafel. Baie mense wat dit bygewoon het wou nie daar gewees het nie. Jy weet mos, vrouens soek hulle mans mos daar. So die gemoedere was nou nie so positief nie.

Met die verloop van die seminaar noem die dame wat die lesing aanbied, dat daar ‘n kos soort is wat jy nie mag eet nie, dit beïnvloed jou hele lewe. Sy vra of enigiemand weet watse soort kos soort dit mag wees. Niemand antwoord nie. Sy gaan aan met die lesing. Sy vra weer, daar is ‘n kos soort wat jy nie mag eet nie, weet iemand dalk wat dit is. ‘N ou oom se hand gaan op. Sy se, asb. oom, vertel ons. Die antwoord kom so saggies deur, Die oom se so versigtig;‘n trou koek.

Net daar lag al die mense, So asof daardie swaar gemoedere hoekom hulle daar moet wees en nie wil wees nie, nou weg is, en net daar geniet almal die lesing.

Wees ‘n beter mens en streef om positief te wees al is daar grys areas in jou lewe. Dit is nie altyd maklik nie maar dit is moontlik. Fip. 4: 13.

Tyd, die plek en omstandighede moet jou nie altyd onderkry sodat jy net die swart die hele tyd raak sien nie. Maak beter keuses om jou te bevoordeel, dit doen jouself net goed. Spreuke 15:13. Hoe leer die slim mense ons: tel tot 10, dink eers voor jy praat en optree. Wat se die Bybel…..wag voor jou mond…. Ps. 141: 3.

Weet net een ding, jy bly in beheer van jou eie lewe, jou keuses wat jy uitoefen die manier hoe jy lewe en dit alles gaan jy moet verantwoording doen vir jou eie dade.

Maklik gesê as gedaan is baie mense se leuse… Maar tog help dit om altyd positiewe dinge te hoor, dit in te neem en toe te laat dat dit jou verander.

Streef om die lewe te lewe met ‘n passie, bly dit sien as n gawe om te lewe, ‘n vôrreg om asem te haal, en te weet dat jy is hier vir ‘n doel.

‘N Oom van 87 jarige ouderdom het vir sy agter klein kinders gesê; hy gaan net voor sy dood nog valskerm spring. Een klein seun het gesê, Oupa, jy is mal man.

Die klein dogter het gevra: hoekom? Die Oupa het gesê, Solank ek lewe het ek ‘n rede om te lewe. Ek is positief ingestel en ek het ‘n passie in die lewe.

Om jou emosies te beheer is ‘n proses so lank as wat jy lewe. Maar onthou net, dit maak van jou ‘n beter mens.

Hoekom wil ek ‘n kind van die Here wees!

Hoekom wil ek ‘n kind van die Here wees?
Alles in die lewe gaan oor keuses – soms is hulle maklik om te maak en ander nou weer moeilik. Jy as persoon bepaal die rigting waar in jy beweeg elke dag met jou lewe se kom en gaan. Jou keuses word beïnvloed in wat jy sien, hoor en beleef. Hoe meer jy fokus op iets hoe meer trek dit jou aandag meer en meer. Wanneer daar waarde aan gekoppel word, word dit waarop jy fokus waardevol. Dinge begin dan sin maak en belangstelling prikkel jou. Tyd raak belangrik om meer daaraan te spandeer maak nie saak watse teenkanting jy daaraan kry nie. Jou besluit is gemaak.

Om ‘n besluit te maak om Jesus te volg werk op dieselfde gedagte. Wanneer jy eers die erns daarvan verstaan, kan jy nooit bekostig om jou rug daarop te draai nie. Hand. 5: 29. Hoe anders. Dit is die besef wat by jou opkom dat jy ‘n oorwinnaar is in Jesus en dat dit lewens belangrik is. Joh. 1: 12. Jy kom tot die besef dat daar is nie ‘n plan ‘B’ nie en dit gaan jou fokus op plan ‘A’ – Jesus – weggooi. Hoe meer jy die Here leer ken, dan kom jy tot die besef dat Hy die begin en die einde van jou lewe is. Rom. 1: 16.

Die gedagte om getrou te bly is: Wanneer die geestelike dinge jou beïndruk, is dit blywend. Jy word nie forseer nie, Jy word uitgenooi om na Hom (Jesus) te gaan op ‘n reis tog. Die evangelie van Jesus leer jou om te fokus, om staande te bly, jou kop hoog te hou en verby hierdie donker wêreld te kyk, na beloftes wat vir ons in die toekoms voor lê. Die gebeurtenisse hier op aarde is net tydelik, ons as mens kan ook net lewe solank as wat ons asem haal. Fil. 1: 21.

Terwyl jy die voorreg het om te kan lewe, en jy maak Jesus deel van jou lewe, dan het jy ‘n rede om te wil lewe maak nie saak hoe sleg die wêreld uitdraai nie. Om ‘n gelowige te wees maak nie jou lewe altyd makliker nie en jy het nie die hele tyd maanskyn en rose nie – MAAR- dit gee jou die geleentheid om ‘n verskil te maak. Nie ‘n reg nie, maar ‘n voorreg.

Om in Jesus te glo, is om momentum te kry om jou gedagtes daar bo te hou waar jou krag en hulp vandaan kom. Fil.4: 13. Jou karakter word altyd gesluip juis omdat sonde jou gaan bly druk. Sonde gaan jou altyd wakker hou, jy sien, daar is daardie klein stemmetjie wat gedurig met jou praat. Joh. 16: 13 In Jesus kan enigiets oorbrug word. Maar dink daaraan, hoe meer jou karakter gesluip word hoe sterker word jy. Jy het niks om te verloor nie. ‘n Kind van Jesus het altyd planne wat nooit opraak nie, hierdie planne is om maniere te vind om altyd naby Jesus te kom. Wanneer jy jou distansieer van die geraas van die wêreld en dan stil word en die Here soek in gebed, sal die Here altyd luister en Sy woord jou altyd lei. 1Tess. 5: 17.

Die grootsste risiko om in hierdie lewe in te gaan is om sonder Christus te wees. Wanneer jy sterf, sterf jy alleen. Wanneer jy sterf en jy het die Here deel van jou lewe gemaak, sterf jy in Hom. Glo my, dit maak ‘n verskil. Jy het te veel om te verloor sonder die Here. Dink aan die gedagte oor die ewige lewe – wat ‘n wonderlike gedagte is dit nie. Om in Jesus te lewe gee jou ‘n rede om te wil lewe en om die hiernamaals deel van jou lewe te maak.

Ja, jy voel soms om handdoek in te gooi, dit is menslik. Maar wanneer jy terug dink en jou seëninge begin tel en weer stilstaan en weer dink wat is jou doel hier op aarde, kom jy tot die besef dat jy net ‘n pelgrims is – en bestem is vir ‘n beter lewe – gaan jy weer asem skep.

Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, wat saak maak is – nou – en jou -toekoms,- dit is wat tel. Elke oggend staan jy op, met ‘n vars begin, daardie dag is gou weer om en vir ewig verby. Die lewe gaan net aan en aan en aan. Jou lewe het ‘n doel, jou lewens verhaal is so belangrik, jou stem tel, jy tel, maar onthou net, wanneer jy Jesus het, gaan dit ‘n inpak maak op jou lewe. Om Jesus te volg is nie net om die regte dinge te se om mense tevrede te stel nie. Nee. Om Jesus te volg is om Hom eerste te ontmoet, in Sy Woord, dan word dit ‘n lewens proses. ‘n Proses wat die lewe ‘n uitkyk te gee. Wat jy vandag doen verander en beïnvloed al die dae wat voor lê. Positiewe gedagtes genereer positiewe gevoelens en so kry ‘n mens weer hoop wat weer positiewe resultate lewer, dat in Jesus is jy ‘n wenner. Almal soek geluk, niemand stel belang in teleurstellings nie, maar tog kry ons dit op ons pad, maar ons almal kry die reënboog van die Here om ons lewens kleur te gee na seëninge van Sy reën in ons lewens wat ons daardie motivering gee om aan te gaan. Die lewe is te kort om dwase besluite te maak om blindelings in die lewe in te gaan, Jesus is die lig, wat in jou en deur jou lewe kan skyn na ander. Dink so daaraan, elke oomblik wanneer jy asem haal, is ‘n onbeskryflike gawe van die Here vir jou, om jou daagliks kanse te gee om op die regte pad te bly, Hy gee vir jou ‘n ongelooflike gawe om te lewe en wanneer jy die Here kies, is jou lewe in Sy hande. Met God is baie beter as sonder God. Bly hoopvol. Stop om te probeer om ‘n kind van die Here te wees, dit gaan nie werk nie, maak dit eerder ‘n lewens patroon.

Om Jesus te volg is ‘n lewensbelangrike proses. Niemand kan jou deel van die lewe speel nie. Jy is jou eie persoon. Jy is uniek. Natuurlik lewe jy jou eie lewe….. die vraag is net, wie beïnvloed of inspireer jou? Wanneer jy die Here kies, bly dit net ‘n avontuur.

Het jy ‘n merk?

Het jy ‘n merk?…

Of merke wat raakgesien word? ‘n Uitken ‘teken’ wat sê dat jy ‘n kind van die Here is?
Ons almal dra ‘merke’ uitkentekens (gelaatstrekke) wat ons beskryf, wie en wat ons is. So baie mense het al gesê: “Ek is nie goed met name nie, maar ek sal ‘n gesig nie maklik vergeet nie.” Klink so iets bekend?

Mense word beroemd omdat ander mense na hulle kyk en van hulle begin hou. Die media speel ‘n groot rol wanneer dit kom by sulke goed. Wanneer jy ‘n bekende persoon sien in ‘n rolprent, lui daar ‘n klokkie dat jy daardie persoon al in ‘n vorige rolprent gesien het. Jy hou van hom, hy speel altyd ‘n goeie karakter, jy herken hom. Daar is iets omtrent daardie persoon wat uitstaan.

Jy kry minder aantreklike mense wat uitstaan, maar niemand sou eers na hulle gekyk het in die alledaagse lewe as dit nie vir die media was nie. Die media maak die minder aantreklike mense mooi, so mooi dat almal van hulle hou. My rolmodelle.

Rolmodelle word bekend, en nie lank nie of die hele wêreld weet van hulle. ‘n Griekse woord ‘stigmata’ beskryf die rede waarom die mense so beroemd word. Stigmata beteken: ‘n teken, uitkenteken of om gemerk te wees. ‘n Handelsmerk of jy staan uit.
Wanneer ek die naam Mel Gibson hoor dan sien ek die persoon in my verbeelding. Ek maak dadelik my gedagtes bymekaar om te onthou in watter rolprente ek hom in sien speel het. Wat het my beïndruk en wat het nie. Is hy nog so gewild of nie?

Beroemde mense staan uit! Daar is uitkentekens gekoppel aan hulle. Hulle het ‘n handelsmerk wat hulle volg. Hulle is gemerkte filmsterre en moeilik om mis te kyk, danksy die media.
Die vraag is of ons ook ‘n ‘stigmata’ (die Griekse woord) oor ons lewens het? Die antwoord is ja. Wanneer ek die naam KFC hoor registreer dit dadelik. Dis die hoenderoom wat hoender by sy hoenderwinkels verkoop. Simson, en dadelik weet jy: die ongelooflike sterk man in die Bybel.
Hulle name word gekoppel aan wat hulle doen of wat jy van die persoon weet. ‘n Uitkenteken, ‘n merk of ‘n handelsmerk is iets wat vas steek. Iets wat toegeëien word aan die persoon.
Het jy ook ‘n merk of merke of ‘n uitkenteken in jou? Iets wat maak dat mense presies weet wie en wat jy is, wanneer hulle na jou kyk? Ja. Kom ek vra die vraag anders. Kan mense sien dat jy ‘n kind van Jesus is wanneer hulle na jou kyk? Kan hulle in jou voorkoms of optrede sien dat jy ‘n Christen is?

In Genesis 4: 12 – 15 maak die Woord melding dat Kain ‘n “stigmata” aan hom gehad het. ‘n Uitkenteken, ‘n handelsmerk, ‘n merk wat gemaak het dat almal wat hom sien, hom nie sou dood maak nie. Hy was bekend en het uitgestaan. Almal het van hom geweet en almal het geweet dat hy ‘n moordenaar was.
Net so in Eksodus 31: 13, 17 word die sabbat ook gekoppel aan die woord “stigmata” wat ook ‘n uitkenteken is. Die mooi daarvan is dat die sabbat vir die mens gegee is om onderhou te word (Mark. 2:27). Jy is deel van die Here se uitkenmerk. Wanneer ‘n mens dit begin onderhou, beeld jy die “stigmata” van God se sabbat uit. Jy dra God se merk, Sy teken, Sy handelsmerk, Sy uitkenteken.

In Openbaring 13 vertel die Bybel vir ons dat daar ‘n dier (stelsel) is wat ook ‘n stigmata gee. ‘n Teken, ‘n merk, ‘n handelsmerk. Hierdie stigmata is niks anders as die ondergang van die mensdom nie. Alles teen God. Wie wil daarvan deel wees?

Nadat Jesus gekruising was en opgestaan het, verskyn Hy aan die mense. Wat presies het uitgestaan? (Lukas 24: 39 – 40). Sy “stigmata”! Die merktekens aan Sy voete en hande. Die prys is betaal! In Johannes 20: 27 – 29 word daar melding gemaak van Thomas. Ongelowig! Thomas, wat die vyfde merk, die uitkenteken vir ons voorhou. Die bewys dat Jesus gesterf het voordat Hy in die graf tot rus gelaat was. Uitkentekens… duidelk was dit sigbaar.

In Galasiërs 6: 17 maak Paulus sy “stigmata” bekend. Wat van Jesus dra jy in jou lewe? Wat se uitkentekens of handelsmerke dra jy? Uittekens wat sê: “Ek is Jesus se kind.”? … wat onveranderd bly? Jy is nie te koop nie, jy is Syne!.

Om die Here se “stigmata” te hê gaan ons nie noodwendig beroemd maak soos die “stigmata” wat die rolprentsterre het, nie. (2 Petrus 3: 3) Ten minste het ons die merk van die Here. Sy uitkenteken, Sy handelsmerk…

Kain se merk het uitgestaan. Almal was bewus van hom. Almal het geweet van hom. Staan jy uit? Is die mense bewus van jou dat jy die Here se kind is? Het jy die handelsmerk om Sy evangelie te verkondig?
Om deur die Here gemerk te wees besorg vir jou die ewige lewe. Verkeerde “stigmatas” maak dat jy die ewige lewe prys gee.
Hou aan om aan die Here se “stigmata”, Sy sabbat. Sy beloftes. Om aan Sy verlossing vas te hou en Sy karakter joune te maak!
Hoekom wil ek ‘n kind van die Here wees?
Alles in die lewe gaan oor keuses – soms is hulle maklik om te maak en ander nou weer moeilik.

Traktate

01 – Kan ek ‘n Ateis wees.

02 – Gehoorsaam jy die 10 gebooie

03 – Het Jesus uit die dood opgestaan

04 – Emmanuel

05 – Evolusie

06 – Is die Bybel betroubaar

07 – Newstart

08 – Sabbat

09 – Sabbat en die nuwe Testament

10 – Die Toestand van die dood

11 – Is Jesus jou God

12 – Luister jy na God se stem

13 – Die 8 gewoontes van ‘n dissipel

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download

Download